OORSIG

Klim op die storiebus en word as reisende gehoorlid weggeneem in die donkerte van die nag, opsoek na al daardie legendariese stories wat in die Jakaranda-stad afspeel.

’n Aand gevul met ware en aangrypende SPOOKSTORIES wat ril, grusame MISDAADVERHALE wat skok, gemeng met die vergete GESKIEDENIS vol nostalgie van die omgewing.

Dit is ’n multimedia teater-op-wiele-produksie, soos aangebied en vertel deur Jaco Hough-Coetzee.
Dit is ’n kultuur-historiese ervaring.
Dit is die unieke pta-SPOOKBUS-uitstappie.
Wees daar, anders sal jy nie verstaan nie.

Is jy gereed? Kom klim dan op.

Maar wees gewaarsku: wanneer jy die gedreun van die bus se enjin onder jou hoor, is daar geen omdraaikans meer nie. Soos in geen omdraaikans nie . . .

Lees ook die Vraag-en-Antwoord-blad

Besoek die Facebookblad

Doen  aanlyn-besprekings hier

Is jy gereed hiervoor? Kom klim dan op. Maar wees gewaarsku: wanneer jy die gedreun van die bus-enjin onder jou hoor, is daar geen omdraai-kans meer nie . . .

ALGEMEEN:

  • Ses uitstappies per jaar.
  • Dit duur sowat 4½ ure.
  • As gevolg van die intieme aard van die vertoning is hierdie uitstappie nie geskik vir groepe nie.
  • Maksimum van 6 persone per bespreking.
  • Besprekings sluit 8 ure voor die begintyd.
  • Die bus is nie  rolstoelvriendelik nie.