Storievertellings-aande met ‘n unieke kinkel in die kabel. Want hierdie eenman-vertoning word aangebied op verskillende interessante (en vir sommiges dalk selfs onbekende?) plekke in en rondom Gauteng. In ‘n museum of dalk in ‘n ander historiese plek. Of ‘n geskiedkundige hotel of gastehuis . . . wie weet?
Breek weg van die stadslawaai en kom sit aan vir ‘n aand van spookstories vir ‘n hoendervleis-ervaring. Natuurlik vervleg met die geskiedenis van die omgewing, soos vertel deur Jaco Hough-Coetzee.
Hierdie eenman-vertoning, wat geheel en al afwyk van tradisionele verhoogproduksies, duur ongeveer 110 minute, pouse uitgesluit.
Plekke met ‘n oudmodiese, geskiedkundige en plattelandse “look and feel”-aanslag kan hierdie vertoning nou eksklusief vir hul venue bespreek. Kontak ons vir meer besonderhede.