Pak jou piekniekmandjie en kampstoel (of grondkombers as dit jou ding is!) en kom sluit by ons aan op die lowergroen grasperk in ‘n sprokiesmooi tuin met ‘n musikale, artistieke en geheimsinnige gevoel.
Vir ‘n aand uit onder die sterre gevul met storievertellings, sang en samesyn.
Dramatiese spookstories, soos vertel deur Jaco Hough-Coetzee, wat koue rillings deur jou lyf kan stuur of wat jou kop in ongeloof sal laat skud.
Dit alles word ingekleur en vermeng met die musiek van die sangpaar DIE VENSTER, met Charl Erasmus en Angelique Greffrath agter die mikrofoon.
‘n Unieke ervaring aangebied in die intieme buitelug-venue van WS Pianos in Eastcliff, Pretoria, naby die Uniegeboue met veilige parkering.
Bring jou vriende saam, want jy wil nie alleen daar buite in die donker wees nie . . .
As ‘n spesiale bonus kry jy ook die geleentheid om die geskiedkundige vertoonlokaal van WS Pianos, met onder andere klaviere wat te koop is, tydens die aand te besigtig.
Die eienaar van die venue, Werner Stolze, is die mees bekendste klavierstemmer en klavierherbouer in Suid-Afrika. Hy is die vierde generasie van klavierstemmers in sy familie met ‘n geskiedenis wat terug dateer na 1919 toe sy oupa-oupa-grootjie die familie-besigheid in Duitsland begin het.
Volgende vertoning:
Saterdag 11 Desember 2021 om 18:30 vir 19:00 teen R150 p/p
Bespreek hier
Terug na DIE-anner-LEWE
Terug na Spookstorie Produksies-tuisblad